Ollies wild in Gauteng

2011-10-31 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – En nou’s daar ook wilde olifante in Gauteng.

’n Familietrop is verlede week in die Dinokeng-wildreservaat, skaars ’n klipgooi van Pretoria af, vrygelaat.

Die Makalali-wildreservaat naby Hoedspruit, Limpopo, het die familiegroep van tien olifante aan dié reservaat geskenk.

Die groep bestaan uit ’n 20-jarige matriarg, wat met ’n satelliet-opsporingshalsband toegerus is, ses koeie, waarvan die jongste twee jaar oud is, en drie bulle, tussen vier en 16 jaar oud.

Hulle is Dinsdagoggend in hul nuwe tuiste vrygelaat.

“Die verskuiwing van die olifante van Hoedspruit na Dinokeng was ’n groot uitdaging, maar ons is baie bly dat hulle veilig hiér aangekom het,” het mnr. Etienne Toerien, voorsitter van die Dinokeng-wildreservaat­bestuursvereniging, gesê.

Die olifantkoeie is ook deel van ’n langtermyn immuno-voorbehoedingsprogram, wat daarop gemik is om olifantgetalle konstant te hou.

Die program word al 11 jaar lank suksesvol in die Makalali-wildreservaat toegepas.

Die familiegroep is die eerstes wat in dié program betrokke is en wat na ’n ander reservaat verskuif is.

Die olifante en ’n trop van vier leeus, twee mannetjies en twee wyfies, wat verlede week hier vrygelaat is, loop nou vir die eerste keer in meer as ’n eeu vry in Gauteng.

Toerien het gesê die laaste lede van die Vyf Grotes, buffels, sal binne ses maande ook in die reservaat gevestig word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2010
R 305,990.00

FIAT

Stilo 1.9 JTD Dynamic 5-dr Dsl
2005
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.