Olifant in rolprent mishandel, beweer groep

2011-05-12 07:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dierebeskermingsverenigings wêreldwyd doen ’n beroep op alle fliekvlooie om Water for Elephants te boikot nadat steelvideo’s van beweerde mishandeling van die olifantster in die rolprent aan die lig gekom het.

Die rolprent handel oor Rosie die Asiese olifant wat wreed deur ’n sirkusbaas mishandel word. Reese Witherspoone en Robert Pattinson vertolk die hoofrolle.

Die Amerikaanse maatskappy ­Have Trunk Will Travel Inc. het die 42-jarige olifant Tai, Rosie in die rolprent, opgelei.

Vervaardigers van die rolprente ­George of the Jungle (1997) en Evan Allmighty (2007) het ook van dié maatskappy se olifante gebruik.

Die Britse dierebeskermingsvereniging Animal Defenders Interna­tional het verlede week steelvideo’s wat in 2005 gemaak is op sy webwerf gelaai wat wys hoe olifante tydens opleiding mishandel word.

Luidens ’n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Dierebeskermingsverenigings (DBV) word olifante in die steelvideo erg mishandel en geslaan.

Olifante word glo geslaan tot hulle toertjies doen, skokstokke word onnodig gebruik en ’n olifant se tande word na aan die been afgesaag.

Luidens ’n verklaring van Gary en Kari Johnson, stigters van Have Trunk Will Travel Inc., is alle beweringe en sogenaamde video’s van mishandeling onwaar en kwaadwillig.

“Ekstremiste-groepe gebruik Tai se rol in Water for Elephants as ’n voertuig om olifante en ander eksotiese diere uit die vermaakbedryf te verwyder,” het die Johnsons gesê.

“Die groepe het ’n agenda en ’n geskiedenis van oneerlike wyses om hul doelwitte te bereik. Wees verseker ons sal voortgaan om ons olifante met liefde te versorg soos hulle verdien.”

’n Polisie-ondersoek is begin nadat die video aan die lig gekom het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2010
R 305,990.00

FIAT

Stilo 1.9 JTD Dynamic 5-dr Dsl
2005
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.