Oeroue beer het kragtigste kake
2011-11-04 14:55
Londen – Die grootste beer wat nog ooit gelewe het, het ook die sterkste kake van enige landelike soogdier gehad, het wetenskaplikes, bevind.
Agriotherium africanum was ‘n reuse-beer met ‘n kort snoet wat vyf miljoen jaar gelede uitgesterf het.
‘n Herkonstruksie van die beer se kopbeen het getoon hy was goed aangepas om groot prooi te kan vreet.
Dr Stephen Wroe van die Universiteit van Newcastle in Australië en sy span het skandeerders gebruik om 3-D-beelde van beerkopbene te skep.
"Ons analise toon dat Agriotherium africanum besonderse sterk kake gehad het – aansienlik sterker as die grootste lewende katspesie, of enige lewende beer," het dr. Wroe gesê.
Die bevindinge is in die Journal of Zoology gepubliseer.
– Lees die volledige artikel op BBC News.
– Volg Nuus24 op Twitter.