Oermens gebruik byle, pikke 2 milj. jaar gelede
2011-09-02 12:29
New York – Voorgangers van die moderne mens het meer as twee miljoen jaar gelede klipbyle en pikke in Oos-Afrika gebruik, veel vroeër as voorheen bereken, het navorser bevind.
Die fossielbewyse stoot die beraamde tydstip waarop klipgereedskap só gevorderd geraak het met ten minste 300 000 jaar terug.
Die navorsers glo Homo erectus, ‘n voorganger van die moderne mens, het die gereedskap vervaardig.
Homo erectus het oor Afrika en Asië heen geleef voor hy sowat 70 000 jaar gelede uitgesterf het.
Wetenskaplikes glo die gemeenskap Homo erectus in Wes-Turkana, Kenia het die handgemaakte byle en pikke sowat 1.8 miljoen jaar gelede vervaardig.
Al die gereedskap is boonop in ‘n “gevorderde” gereedskapkis, wat navorsers as “Acheuls” beskryf, gestoor.
“Ek was verbaas toe ek besef die data wys dit is die oudste Acheulse terrein ter wêreld,” het die hoofnavorser, Christopher Lepre, van die Rutgers-universiteit in New Jersey, Amerika gesê.
Sy navorsing is in die joernaal Nature gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.