Obama kuier op Google+
2011-11-24 13:00
Washington – Google+, die internet-soekreus Google se sosiale netwerk, het ‘n nuwe groot naam as lid bygekry – die Amerikaanse president Barack Obama.
Die president se herverkiesingveldtog “Obama for America” het nou na Google se sosiale netwerk uitgebrei.
“Ons skop nog bietjie die bande en toets dinge, maar ons wil julle idees hoor hoe ons in kontak kan bly,” het die blad se eerste nuusbrokkie gelui.
Obama het verlede maand die gewilde blog Tumblr tot sy internet-arsenaal gevoeg.
Obama het in 2008 swaar geleun op sosiale media vir kommunikasie, fondsinsamelings en organisering en die Withuis is ‘n aktiewe gebruiker van Facebook, YouTube, Twitter, Flickr, Foursquare en ander aanlyn-dienste.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP