Nuwe wet oor sout in ons kos voorgestel
2011-06-01 10:54
Johannesburg – Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, beplan om nuwe wetgewing in te sweer om die soutinhoud in Suid-Afrikaners kos te verlaag, het Business Day berig.
“Die Suid-Afrikaanse dieet het ‘n hoë soutinhoud,” het Motsoaledi in die parlement gesê.
“Die voldoende hoeveelheid sout wat die liggaam daagliks benodig is sowat 4 g - 6 g, maar in ons land is soutinname dikwels so hoog as 9.8 g.”
Hy het gesê meeste Suid-Afrikaners se hoë soutinname is van geprosesseerde kos afkomstig en nie van die soutpotte aan tafel nie.
Sout maak kos dalk smaakliker, maar die gesondheidsrisiko van ‘n hoë soutinname sluit hartaanvalle en beroertes in.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Finance24