Nuwe videospeletjie laat karakters emosie ervaar
2010-11-24 05:18
Kaapstad - L.A. Noire is ‘n nuwe opwindende projek van Rockstar Games en kry hul inspirasie vanaf rolprente. Dit is vir diegene ontwerp wat daarvan hou om raaisels op te los.
Om mense in die regte wêreld te ondervra, moet jy die vaardighede hê om hul emosies en gesigsuitdrukkings te kan lees. Want wat dalk uit hul monde kom, is moontlik nie die waarheid nie.
L.A. Noire gebruik dus ‘n nuwe tipe tegnologie, MotionScan. ‘n Hele paar kameras word rondom die akteur se kop geplaas om sodoende elke optrede van die karakter vas te vang, amper asof die akteur in ‘n rolprent speel.
Dit beteken egter dat vir die eerste keer kan videospeletjies ook die karakter se ware emosies vasvang en na vore bring.
- Kliek hier vir meer inligting.
- Volg Nuus24 op Twitter.