Nuwe toetse vir slaapsiekte bring minder pyn
2011-09-16 11:00
Bamako – ‘n Japanse firma het gesê hulle het met ‘n nuwe manier vorendag gekom om vir slaapsiekte te toets en on pasiënte pyn te spaar.
Slaapsiekte, of trypanosomiasis, raak arm gemeenskappe in Sub-Sahara-Afrika. Dit word met die byt van die tsetsevlieg oorgedra en bedreig glo sowat 60 miljoen mense in 36 lande.
Die Eiken Chemical Company het egter ‘n nuwe manier vir toets vir die siekte ontwerp wat bloedtoetse en die opvolgtoetse van spinale vloeistof sal vervang.
Die maatskappe het die nuwe tegnologie by die Internasionale Wetenskaplike Raad vir Trypanosomiasis-navorsing en -beheer in die hoofstad van Mali, Bamako, bekendgestel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP