Nuwe superkontinent vorm dalk by Noordpool
2012-02-09 14:01
Geoloë by die Yale-universiteit het 'n radikale nuwe teorie oor die vorming van kontinente geformuleer, en voorspel dat 'n nuwe superkontinent oor die Noordpool kan vorm.
Moet egter nog nie jou vakansie na dié nuwe landmassa bespreek nie – wetenskaplikes meen dit sal eers oor 50 tot 200 miljoen jaar vorm.
Die span stel 'n nuwe proses, genaamd ortoversie, voor. Volgens dié teorie vorm elke nuwe superkontinent 90 grade van die geografiese middelpunt van sy antieke voorganger af. Dit beteken Noord- en Suid-Amerika sal saamsmelt, noord beweeg, en uiteindelik teen Europa en Asië bots.
"As daardie waterliggame sluit, is ons op pad na die volgende superkontinent," het Ross N Mitchell, die doktorale student by Yale wat die studie lei, gesê.
"Die Amerikas en Eurasië sal basies by die Noordpool bymekaarkom."
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.