Nuwe realiteitsreeks op die internet
2010-03-03 00:05
Los Angeles – Simon Fuller, die skepper van American Idol, het met ‘n splinternuwe konsep vorendag gekom wat die toekoms van televisie kan verander.
Fuller se nuutste realiteitsreeks getiteld, If I can dream sal via die internet op Hulu.com uitgesaai word en is basies ‘n kruising tussen Idols en Big Brother.
Vyf deelnemers (twee aktrises, ‘n musikant, ‘n akteur en ‘n model) bly saam in ‘n huis terwyl hulle die vermaaklikheidsbedryf betree. Sowat 50 kameras sal hulle elke beweging afneem terwyl kykers via Twitter, Facebook en blogs met hulle kan kommunikeer.
Nuwe deelnemers kan oudisies via MySpace doen om ‘n kans te staan om ingesluit te word by hierdie unieke program.
Groot borge soos Pepsi en Ford is glo baie opgewonde oor Fuller se nuutste breinkind.
Lees meer hier.