Nuwe program vir biosekuriteit

2011-02-24 11:03
Tweets Share Share line Print

Milaan – Die bedreiging is groot: uitheemse insekte wat in ’n gebied bekendgestel word wat geen natuurlike verdediging daarteen het nie, met die doel om die ekonomie, voedselvoorsiening of beide te destabiliseer.

’n Nuwe $8.2-miljoen (R58.6-miljoen) projek wat deur die Europese Kommissie befonds word sal navors help om biologiese bedreigings vir die wêreld se gewasse en woude beide te verhoed en te reageer wanneer dit wel gebeur.

Die vyf jaar lange projek sal kundiges van agt lande byeenbring, insluitende Italië, die VSA, Israel en Turkye. Dit het op 1 Februarie met bedrywighede begin, maar word eers Donderdag in Turyn amptelik bekend gestel.

Nazi-Duitsland het gedurende die Tweede Wêreldoorlog die ontplooiing van die Colorado Aartappelkewer in Brittanje nagevors met die doel om aartappeloeste uit te wis, en dit is nie ver daarvan verwyderd as terroriste in 'n multi-polêre wêreld soortgelyke dade oorweeg nie, het organiseerders gesê.

Maar die bestaan van die Plant en Voedsel Biosekuriteit-projek, wat by die Universiteit van Turyn baseer is, is nie bedoel om paniek te veroorsaak nie. Baie van wat bestudeer word kan ook gebruik word om die natuurlike, maar ook potensieel destabiliserende, migrasie van insekte en plae te verhoed en identifiseer, het direkteur Maria Lodovica Gullino gesê.

“In gewone kommersialisering reis parasiete met hoë snelhede vanaf een land na die ander. Oorweeg die probleme as ’n krimineel of terroris daaraan dink om ’n saad as ’n manier van biologiese oorlogvoering te gebruik,” het Gullino gesê.

“As mens aan al die voedsel-onluste en die opstande in die Midde-Ooste dink, is ’n gedeelte van die oorsaak hoë voedselpryse, en plantsiektes vorm deel daarvan,” het Jacqueline Fletcher, direkteur vir die nasionale instituut vir voedsel en landbou-biosekuriteit aan die Staatsuniversiteit van Oklahoma, wat aan die projek deelneem, gesê.

"As rys in Suidoos-Asië uitgewis word, is dit iets wat die politieke raamwerk sal ontwrig," het Fletcher gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- AP

Lees meer oor: milan  |  italië  |  tegnologie  |  landbou  |  oorlog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willie sê... Snaaks hy is nie ge eet nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 116,995.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D 4x4 Dsl
2007
R 319,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.