Nuwe internet-ster lok al meer aandag
2012-01-30 14:00
Pinterest, 'n twee jaar oue sosiale boekmerkwebwerf wat gebruikers in staat stel om hulle gunsteling-internetbrokkies op 'n "plakbord" aan te bring en só met mekaar te deel, lok al hoe meer aandag van internetkenners en gewone handelaars.
Dié webdiens is glo verantwoordelik vir 'n al groter persentasie van die verkeer op gewone handelaars se webwerwe, berig die tegnologieblog Mashable.
Gebruikers op Pinterest kan 'n "aanlyn-plakbord" skep waarop hulle al die dekor, uitvindsels en produkte wat hulle op die internet raakloop, kan aanbring om dit met vriende te deel.
Dis veral dekor-, kos en bruilofsitems wat die aandag trek, en die webwerf-eienaars in dié kategorieë sê dat 'n toenemende hoeveelheid van die verkeer op hulle webwerwe van Pinterest afkomstig is.
Besoeke op Pinterest het tussen September en Desember 2011 met meer as vier keer toegeneem, met 7.51 miljoen unieke besoekers in Desember alleen.
– Lees hier meer.