Nuwe hoop vir ma Gorilla
2009-08-04 14:42
Berlyn - ‘n Gorillawyfie het weer geboorte geskenk nadat sy verlede jaar haar dooie baba vir ‘n paar dae lank in ‘n Duitse dieretuin rondgedra het.
Die 12-jarige Gana het verlede jaar baie aandag gedurende haar rou-periode gewek. Die babagorilla Claudio het na drie maande aan ‘n inwendige infeksie gesterf.
Gana het vroeg Sondagoggend geboorte geskenk aan haar nuwe babadogter, het Ilona Zuehlke, woordvoerder van die Allwetter Dieretuin gesê.
Die babagorilla is gesond en baie lewendig, het Zuehlke gesê. "Gana lyk baie gelukkig," het sy aan The Associated Press gesê.
“Die dieretuin het vir die Duitse weervoorspeller, Claudia Kleinert gevra om as die baba se peetmoeder op te tree nadat sy groot belangstelling in Gana se tragiese gebeurtenis getoon het. Die dieretuin sal die pas gebore baba moontlik na Claudia vernoem word.
Besoekers is ook welkom om die nuweling te besigtig.
Die dieretuin het nou ses gorillas.
- Sapa-AP