Nuwe dolfynspesie 'reeds bedreig'
2011-09-20 23:08
New York – ‘n Onlangs ontdekte dolfynspesie is reeds bedreig weens die klein gebied waar hulle voorkom, het navorsers in Australië bevind.
Die navorsers, onder leiding van Stephen McKechie van die Monash-universiteit in Victoria se navorsing is in die joernaal PLoS ONE gepubliseer.
Hulle het bevind die dolfyne is slegs in ‘n klein gebied aan die suidelike en suidoostelike kus van Australië woonagtig en dat twee klein groepe van sowat 150 individue die hele spesie opmaak.
“Die formele erkenning van die nuwe spesie is van groot belang om sy voortbestaan te verseker,” het die navorsers gesê.
“Veral omdat hulle naby skeephawens, kommersiële visserye en industriële stressors voorkom,” het hulle bygevoeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.