Nuwe dolfynspesie ontdek
2011-09-15 22:06
Londen – Navorsers het bevind ‘n groep dolfyne wat reg onder hul neuse in die suidooste van Australië leef, is ‘n voorheen onbekende spesie.
Die navorsers het gesê hulle het voorheen aanvaar die sowat 150 dolfyne wat rondom Melbourne leef, is doodgewone bottelneusdolfyne.
Gedetailleerde studies van die soogdiere se DNS het navorsers egter laat besef die twee groepe dolfyne is ‘n nuwe spesie.
Navorsers het die nuwe spesie as Tursiops Australis geklassifiseer in die joernaal PLoS One.
“Dit is ‘n ongelooflike bevinding,” het die hoofnavorser, Kate Charlton-Robb van die Monash-universiteit in Melbourne, gesê.
“Slegs drie nuwe dolfynspesies is sedert die laat-1800’s ontdek,” het sy bygevoeg.
“Wat die bevindinge meer opwindend maak, is dat hulle reg onder ons neuse geleef het,” het Charlton-Robb gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.