Nuwe dino-spesie dalk ondek
2009-10-14 15:20
Beijing - Paleontoloë in China het oorblyfsels wat dalk ‘n nuwe dinosourus-spesie kan wees, ontdek, het die plaaslike media berig.
Wetenskaplikes in Zhucheng-stad het maande lank ‘n 500 meter wye kloof, wat met duisende dinosourus-beendere bestrooi lê ondersoek, het die Jilu Evening News berig.
Dié gebied het reeds ‘n fossiel van die grootste dinosourus én die eerste oorblyfsels van ‘n dinosourus met ‘n reuse horing opgelewer, het die agentskap bygevoeg.
Kenners sê die ontdekking van soveel fossiele in 'n spesifieke area kan leidrade oplewer oor hoe die diere miljoene jare gelede uitgewis is.
Sapa-AFP