Nuwe deure open vir porno-bedryf
2011-09-07 13:58
New York – Die registrasie van .xxx internet-adresse het Woensdag amptelik begin.
Gevestigde maatskappye in die pornografiese bedryf kan dié adresse 50 dae lank eksklusief registreer, waarna dit oopgestel sal word aan alle aansoekers.
Die maatskappy agter die .xxx-adres, ICM Registry, het tien jaar lank gesukkel om goedkeuring by die Internet Corporation for Assigned Names and Numbers (Icann) vir die nuwe formaat te kry.
Icann, ’n privaat organisasie wat die registrasie van adresse soos .com en .co.za beheer, het egter bevestig dat duisende name van bekendes nie beskikbaar gestel sal word nie. Name soos Angelina Jolie, Donald Trump en Beyoncé Knowles kan nie in dié webadresse gebruik word nie.
“Dit sal ‘n groot verleentheid wees om AngelinaJolie.xxx by die bekendstelling te sien,” het Stuart Lawley, die hoof van ICM, gesê.
“Pornografie gaan nie verdwyn nie en wil nie in die duister werk nie,” het hy gesê. “Die nuwe adresse sal die bedryf meer aanvaarbaar maak.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.