Nuwe behandeling vir prostaatkanker gee hoop
2011-09-19 10:01
Belfast – Wetenskaplikes van die Queen's-universiteit in Belfast het met ‘n nuwe behandeling vir prostaatkanker vorendag gekom.
Die nuwe behandeling is die eerste van sy soort en is op mans gemik met ‘n aggressiewe vorm van prostaatkanker wat na bene in die liggaam versprei.
Die behandeling kombineer tradisionele chemoterapie en twee dosisse radioaktiewe stowwe wat areas op bene waar die kanker versprei het kan teiken.
“Dit is ‘n merkwaardige stap in die stryd teen prostaatkanker,” het Joe O'Sullivan, ‘n senior dosent van onkologie by die universiteit, gesê.
“Om te weet die nuwe behandeling is veilig en ‘n moontlike nuwe vorm van kankerbehandeling is ‘n groot stap in die regte rigting,” het hy bygevoeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.