Nuwe TB-toets gee uitslae binne ‘n uur
2010-09-16 09:50
Kaapstad – Wetenskaplikes het ‘n nuwe toets ontwikkel wat tuberkulose binne een uur kan diagnoseer, en sodoende kan help om die verspreiding van dié siekte te verminder, het ‘n Britse gesondheidsagentskap Woensdag bekendgemaak.
Die toets is baie vinniger as tradisionele metodes, wat tot agt weke kan neem om uitslae te gee.
Volgens Cath Arnold wat aan hoof van die studie was, is hulle baie verheug oor die nuwe toets omdat dit beteken dat hulle mense sommer by TB-klinieke gediagnoseer kan word en onmiddellik met behandeling sal kan begin.
- Vir die volledige storie besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.