Nuwe Mafia-speletjie het 'n Playboy-kinkel
2010-03-10 03:16
San Francisco - 2K Games het 'n ooreenkoms met Playboy bevestig om van die ikoniese tydskrif se antieke voorblad- en middelblad-foto's te gebruik om die luim vir sy nuwe Mafia II-speletjie te skep.
"Om saam met Playboy te werk stel ons in staat om 'n unieke element van egtheid aan die speletjie te verleen deur antieke foto's van die tydskrif te gebruik. Die foto's illustreer die mag van Playboy se invloed op die houdings en kultuur van daardie generasie," het Christoph Hartmann, president van 2K, gesê.
2k sal die voorblad en middelblad-foto's in die mafia-videospeletjie weef wat in die fiksionele stad van Empire Bay afspeel.
Die speletjie speel af in die "donker en onvergeeflike wêreld van die mafia" in die 1940's en 1950's en sal na verwagting in die tweede helfte van die jaar vrygestel word.
– AFP