Nuwe Facebook-apps bekend gestel
2012-01-19 15:01
San Francisco – Die sosiale mediareus het nuwe toepassings (apps) bekendgestel wat gebruikers die geleentheid gee om elke aspek van hul lewe soos films, boeke, kos of mode te katalogiseer en met hul vriende te deel.
"Maak nie saak waarvan jy hou of watter storie dit is wat jy vertel nie, jy kan dit by jou tydlyn voeg," het Carl Sjogreen, direkteur van produkte by Facebook, gesê.
'n Gebruikers wat dalk besig is om 'n elektroniese boek te lees, kan paragrawe aanhaal wat hulle met hul vriende op Facebook wil deel.
Mense kan ook hul liefde vir sekere kosse met mekaar deel of mekaar net inlig van goeie restaurante wat in spesifieke gebiede is.
Ingevolge die sekuriteitsreëls moet elke persoon eers die toepassing toestemming gee om hulle gereeld op datum te hou van dinge soos nuwe boeke of restaurante. Daarna sal die toepassing vanself opgedateer word.
Gebruikers kan ook sekere toepassings van hul Facebook verwyder.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA