Nou kan Woefie ook ‘tweet’
2010-02-15 14:17
Kaapstad - Mattel sal binnekort ‘n nuwe speelding vir troeteldierliefhebbers bekendstel wat vir jou tweets stuur oor jou hondjie se doen en late, berig Mashable.com.
"Puppy Tweets" tel jou hond se bewegings en geluide op en stuur dan een van 500 klaargeskryfde tweets na jou rekenaar.
Die tweets word na willekeur gekies, so herinner eienaars bloot dat hul ‘beste vriend’ daar êrens buite besig is om een of ander iets te doen.
Die boodskappies is heel oulik, soos “Ek het uiteindelik daai stert gevang, en nou.....EINA!” of “Ek blaf want ek mis jou. Kom huis toe!”
Die boodskappe sal noodwendig na ‘n ruk begin herhaal, maar, sê Neil Freidman van Mattel, mense is ook geneig om hulself tot vervelens toe te herhaal.
Kliek hier vir die volledige storie.