Nokia: 4 000 binnekort hul werk kwyt
2012-02-08 14:33
Die selfoonreus Nokia het Woensdag aangekondig dat hy beplan om sowat 4 000 van sy werknemers af te dank weens dalende produksie-uitsette by sy fabrieke in Hongarye, Mexiko en Salo, Finland, berig AllThingsD.
Die drie fabrieke wat deur die afdankings geraak word vervaardig hoofsaaklik slimfone, maar Nokia beplan om die meeste van dié werk voortaan in Asië te laat doen om nader aan verskaffers te wees en om die tempo van produksie te verhoog.
Die drie fabrieke sal egter steeds aktief wees.
“Met die beplande veranderings sal ons fabrieke in Komarom, Reynosa en Salo steeds 'n belangrike rol speel om ons slimfoonkliënte te dien,” het Niklas Savander, Nokia se uitvoerende hoof, in 'n verklaring gesê.
Die afdankings sal stelselmatig deur die loop van die jaar gedoen word.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.