Nóg ‘n renoster doodgemaak vir horings in KZN
2010-09-02 05:18
‘n Witrenoster is Woensdag in die Ndumo-wildreservaat in die noorde van KwaZulu-Natal dood gekry.
Volgens Jeff Gaisford, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse natuurbewaringsdienste (Ezemvelo) is albei horings van dié renoster afgesaag.
Hy het bygevoeg dat dié renoster glo Dinsdag al in kabel-strik vasgevang is. Dié strik is volgens Gaisford groot genoeg vir wild soos seekoeie, buffels en renosters.
Dit is die 15de renoster wat vanjaar in KwaZulu-Natal deur renosterstropers doodgemaak is.
Dié wildreservaat is op die Mosambiek-grens.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA