Nierstene dalk teken van diabetes
2011-10-28 16:03
New York – Mense wat die pyn van nierstene moes deurmaak mag dalk ‘n vergrote kans hê om diabetes te ontwikkel, het navorsers bevind.
‘n Aantal studies het reeds bevind mense met diabetes is meer geneig om nierstene te vorm as mense sonder diabetes, maar dit was tot dusver nie duidelik of die teenoorgestelde ook geld nie.
Met die nuwe studie het navorsers 94 000 Taiwanse volwassenes bestudeer en bevind mense met ‘n geskiedenis van nierstene was sowat 30% meer geneig om oor ‘n tydperk van 5 jaar met diabetes gediagnoseer te word.
Dít in vergelyking met die 9.6% mense wat nie voorheen nierstene gevorm het nie.
Die navorsers, onder leiding van Herng-Ching Lin van die Taipei-universiteit is egter nie seker oor die oorsake nie.
Die navorsing is in die Journal of Urology gepubliseer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters