Nie nou nie, liefie – ek’s op die foon
2011-10-06 15:00
Londen – Vir mense wat gelukkig genoeg is om snags in die arms van ‘n beminde te slaap, sal 'n mens dink ‘n selfoon is die laaste ding waarna hulle verlang.
Baie Britte se bemindes moet egter koud lê omdat slimfone deesdae belangriker geag word, berig Daily Mail.
Volgens ‘n peiling bring een uit elke agt Britte deesdae meer tyd saam met hul slimfone as saam met hul bemindes deur.
Mans is die liefste vir dié toestelle en hou hulle slimfone binne bereik sowat 17 uur per dag. Sowat 18% van die mans slaap met die selfoon langs die bed.
Vroue het effens beter gevaar en het die slimfoon 15 uur per dag binne bereik gehou. 'n Totaal van 16% het met die selfoon langs die bed geslaap.
Op ‘n tipiese aand uit stuur Britte drie e-posse, 12 SMS’e, twee foto’s van hul slimfone af en hulle tweet ook twee keer.
Meer as 'n derde het erken hulle het tydens gesprekke e-posse gestuur.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.