News24 stel program vir Samsung TV bekend
2011-09-06 18:43
Kaapstad – Die tegnologiereus Samsung en News24 het Dinsdag die vrystelling van hul internet-program vir slimtelevisies bekendgemaak.
“News24-gebruikers wil vars nuus kan lees voor die rekenaar, op hul selfoon of voor die televisie,” het Ronald Bach, die produkbestuurder by News24, gesê. “Die News24-program is die volgende stap waarmee ons gebruikers ‘n ingeskakelde digitale ervaring aanbied.”
Die program sal gebruikers in staat stel om hul slimtelevisies se afstandbeheerders te gebruik om nuusstories te kies en te lees.
Die program sal in September vir die Samsung D5500 Smart TV en verder gevorderde modelle beskikbaar wees.
Die News24-program vir die Samsung Smart TV is gratis by die Samsung Apps Store beskikbaar.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- News24