New Yorkse haweloses tweet ook nou
2011-02-18 12:55
New York - Hawelose mense in New York kan nou deur Twitter hulle storie aan die wêreld vertel te danke aan 'n projek, Underheard in New York.
Underheard in New York is ‘n inisiatief om haweloses ‘n stem te gee. Danny, Derrick, Albert en Carlos het elkeen ‘n foon, met lugtyd gelaai, ‘n maand van onbeperkte sms’e en ‘n Twitter-blad, gekry.
Die doel hiervan is om mense bewus te maak en ‘n blik op die daaglikse doen en late, swaarkry en uitdagings van haweloses te gee.
Underheard in New York (@underheardinNY) is deur Rosemary Melchior, Robert Weeks en Willy Wang, drie interne by die BBH-advertensie agentskap in New York, geskep. Die uitdaging wat aan hulle gegee was, is: “Doen iets goed. Op ‘n goeie manier.”
-Kliek hier vir die volledige artikel.
-Volg Nuus24 op Twitter.