New York maak rokers nog meer onwelkom
2010-09-16 14:38
New York – New York is besig met ‘n nuwe wet wat rokers uit meer publieke parke en van strande af gaan hou.
Michael Bloomberg, burgemeester, het Woensdag aangekondig dat hulle die rookverbod na 1700 parke gaan uitbrei.
‘n Rokersgroep, NYC Citizens Lobbying Against Smoker Harassment, het onlangs ‘n video op hul webwerf geplaas uit protes teen die idee. Die groep se stigter, Audrey Silk, voer dat rook vinniger buite verdamp.
Raadslede beplan dat die wet Donderdag in werking sal tree.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP