New York Times 'sal eendag vou'
2010-09-09 13:29
Kaapstad - Arthur Sulzberger jnr, uitgewer en voorsitter van The New York Times het tydens ‘n perskonferensie gesê hy verwag dat die ‘Gray Lady’ geleidelik nie meer ‘n fisiese koerant sal wees nie.
“Ons sal iewers in die toekoms nie meer die New York Times druk nie,” het Sulzberger gesê.
Só ‘n stelling sal verseker reaksie uitlok, maar dit lyk ook na die beste oplossing met die tradisionele media wat bietjie sukkel, meen mashable.com.
Baie meer verbruikers gebruik deesdae die internet om ingelig te bly oor die jongste nuusgebeure.
- Vir die volledige storie besoek Mashable.
- Volg Nuus24 op Twitter.