Net helfte van Facebook-vriende is ware vriende
2011-05-09 12:33
Londen - Waar sommige gretige Facebook-gebruikers se vriendelyste tot die grootte van klein eilandnasies kan groei, is dit egter slegs ‘n handjievol van die pruilmondjies op die foto’s wat regtig vriende is.
Die gemiddelde persoon het dubbel soveel vriende aanlyn as vriende wat aan die deur sal klop vir ‘n kuiertjie, volgens die Britse Sistic Fibrosis Trust.
Waar die gemiddelde Facebook vriendelys sowat 121 gesigte bevat, sal slegs sowat 55 jou op straat groet en ‘n regte vriend wees.
Die studie het ook bevind mense is meer bereid om eerlik met hul aanlynvriende te wees en dan straal hulle boonop ook selfvertroue uit.
“Vir meeste mense is die internet ‘n manier om in kontak te bly, maar vir dié wat weens siekte in isolasie leef, speel dit ‘n veel belangriker rol,” het Helen Oxley, ‘n sielkundige van die Wythenshawe-hospitaal in Manchester, gesê.
Die navorsers het sowat 4 400 volwassenes oor hul Facebook-aktiwiteite ondervra namens die internetsekerheidsmaatskappy HomeSafe.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.