Navorsing bewys dat rooibos goed is

2010-07-27 09:55
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die eerste kliniese bewyse dat rooibostee wel anti-oksidante in ’n mens se bloed verhoog, is pas gevind.

As ’n mens dus dié tee drink, verhoog dit jou natuurlike verdedigingsmeganismes, het die vier internasionale navorsingsinstellings wat aan die studie gewerk het, gesê.

Baie mense wat sogenaamde natuurlike produkte bemark, maak aanspraak op doeltreffendheid, maar dié studie, pas gepubliseer in die vakjoernaal Food Chemistry, het die kliniese bewyse om dit te staaf.

Dit toon ook dat tradisionele rooibostee (gefermenteer) sowel as groen rooibostee (ongefermenteer) die hoeveelheid anti-oksidante in die bloed verhoog.

Prof. Mauro Serafini, navorsingsleier aan die anti-oksidantnavorsingslaboratorium in Rome, Italië, het in ’n verklaring gesê dit is moontlik dat sodra die tee in die bloedstroom geabsorbeer is, die unieke bestanddele van rooibos ook ander biologiese uitwerkings in die menslike liggaam kan hê. Daarom gaan navorsing hieroor voort.

Prof. Jeanine Marnewich van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie het gesê: “Ná ’n uur begin die vlakke van plasma-anti-oksidant daal, en daarom beveel ons aan dat mense ses koppies per dag drink vir goeie gesondheid”.

Sy het onlangs ’n studie gelei waarin bevind is ses koppies rooibostee per dag is voordelig vir die hart.

Verskeie studies die laaste paar dekades het bevind die aktiewe bestanddele in rooibos is bio-beskikbaar en word wel gemetaboliseer in die liggaam.

Die mees aktiewe anti-oksidant in rooibos – aspalatin – is uniek aan sy spesie, Aspalathus linearis. Dié fynbosplant kom veral in die Wes-Kaapse Sederberg voor.

Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad belê jaarliks sowat R1 miljoen in navorsing om die gesondheidseienskappe van die plant te ondersoek. Daar word onder meer gekyk na hoe rooibos teen kanker en stres kan werk, asook na die skakel tussen rooibos en oefening.

’n Projek oor rooibos en vetsug is vir 2011 goedgekeur.

Besoek www.sarooibos.co.za vir meer inligting.

- Die Burger

Lees meer oor: sci-tech  |  kan jy glo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Beteken dit nou ek sal moet opstaan om die kanaal te verander? Ag dan los ek dit maar op supersport. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 135,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.