Navorsers vind rede vir herhaaldelike miskrame
2011-09-28 10:42
Londen – Kenners glo hulle het ‘n rede ontdek wat kan verduidelik hoekom party vroue herhaaldelik miskrame ly.
Vroue met fibroïede in hul uterusse is sowat drie keer meer geneig om miskrame in hul derde trimester te ly as vroue sonder fibroïede, het die navorsers bevind.
Die studie van vroue wat meer as drie miskrame gely het, is die eerste bewyse dat die veselagtige gewasse in die uterus met herhaalde miskrame verband hou.
‘n Span navorsers van die Universiteit van Sheffield in Brittanje het die studie onderneem en die bevindinge is in die joernaal Human Reproduction gepubliseer.
“Dit is die eerste bewyse dat die verwydering van gewasse wat die opening na die uterus vervorm tot ‘n gesonde geboorte kan lei vir vroue wat herhaalde miskrame gely het,” het Sotirios Saravelos, een van die navorsers, gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.