Navorsers ontdek 12 nuwe paddaspesies
2011-09-17 21:54
Nieu-Delhi – Na jare se soek en flitse onder klippe skyn, het ‘n Indiese navorsingspan 12 nuwe paddaspesies in tropiese woude ontdek.
Die span het ook drie spesies herontdek wat navorsers lank reeds gedink het is uitgesterf.
Dit is ‘n bevinding wat nuwe aandag op Indië se amfibiese spesies asook hul rol in omgewingsbewaring sal vestig.
“Paddas is goeie aanwysers van klimaatsverandering, die vlak van besoedeling en die gesondheid van hul omgewing,” het die hoofnavorser Sathyabhama Das Biju van die Universiteit van Dehli gesê.
Baie van die gevinde paddas is uiters skaars en leef slegs in 'n enkele gebied in Indië.
Hulle sal dus baie goed beskerm moet word, het Biju gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP