Navorsers kommunikeer met 'breindood' pasiënte
2010-02-04 11:39
Kaapstad – Wetenskaplikes het dit reggekry om met 'n man met ernstige breinskade te kommunikeer.
Dié navorsing is in die Verenigde Koninkryk en in België uitgevoer, en gebruik funksionele magnetieseresonansie-beelding (fMRI) om te bepaal of pasiënte met breinskade bewus van hul omgewing is.
Die fMRI-tegnologie stel navorsers instaat om brein-aktiwiteit te monitor. As die pasiënt byvoorbeeld gevra word om homself te verbeel hy speel tennis, kan navorsers aktiwiteit in die deel van die brein wat met beweging te doen het, sien.
In 'n eksperiment is sulke verbeeldingsoefeninge gebruik om "ja" of "nee" antwoorde voor te stel, en ten minste een Belgiese pasiënt kon só korrek reageer op vrae oor homself en sy familie.
Lees meer by BBC News