Navorser: SA-kleuters kyk te veel TV

2009-09-11 08:36
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira

Kaapstad - Suid-Afrika se jong TV-kykers is verslaaf aan Generations –al word dit ver verby hul slaaptyd uitgesaai – loop nie Egoli mis nie en is baie lief vir Thabang Thabong.

Met weinig navorsing en inligting wat beskikbaar is oor die kykgewoontes van baie jong Suid-Afrikaanse TV-kykers, het Kobus van Staden, navorser en ontwikkelingsbestuurder by die SAUK se afdeling vir inhoudsprojekte, kyksyferinligting vir kinders van vier tot ses jaar oud gaan ontleed.

Inligting oor kinders tussen die ouderdom van vier en ses jaar word sedert middel verlede jaar by Suid-Afrika se kyksyfertelling ingewerk en daar word van hul kykpatrone dagboek gehou.

Die verrassendste bevinding is dat kleuters per dag byna die helfte soveel TV as volwassenes kyk. Kleuters kyk gemiddeld 1,5 uur per dag, kinders tussen 7 en 12 jaar 2,3 uur en volwassenes 3,25 uur.

Afrikaans- en Engelssprekende kinders kyk egter baie meer TV as hul Nguni- en Sothosprekende eweknieë. “Waar Nguni- en Sothosprekende kinders gemiddeld 1,32 uur per dag TV kyk, kyk Afrikaans- en Engelssprekende kinders gemiddeld 2,45 uur.”

Volgens hom is TV-kyk in Suid-Afrika steeds ’n kollektiewe ding. “Die kykpatrone van vier- tot sesjariges toon dat ander lede van die huishouding beheer oor die afstandbeheerder het.”

In nog ’n verrassende neiging styg die kyksyfer saans om 20:00 skerp vir hierdie groep wanneer hulle saam met hul ouers Generations kyk – die gewildste sepie en die gewildste TV-program in die land.

Saterdae sit hulle reeds om 08:00 voor die TV en bly kyk – dikwels tot 21:00 – na wat ook al wys. Op Sondae neem die kyksyfers toe vanaf 09:00 en dit begin omstreeks 20:00 daal.

’n Interessante stukkie statistiek is dat die vier- tot sesjariges dikwels die grootste ouderdomsgroep is wat kyksyfers betref. SABC2 trek op weeksdae wanneer Thabang Thabong uitgesaai word en op Saterdae wanneer die ontbytprogram Weekend Live vertoon word meer van hulle as enige ander ouderdomsgroep.

Op SABC3 regeer dié ouderdomsgroep in die kanaal se kinderkykgleuf.

- Die Burger

 

Lees meer oor: tegnologie  |  kan jy glo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Check hoe word een van daai radioskoop skottels op 'n taxi se dak vervoer...."Eish seh, this is the skottelskaar to make brekfis for my extended family". LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.