Natuurrampe kos SA R1 mjd. per jaar

2011-04-02 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Natuurrampe, waaronder droogtes, vloede en brande, het die Suid-Afrikaanse belastingbetaler sedert 2000 R1 miljard per jaar gekos, het Edna Molewa, minister van omgewingsake, Vrydag gesê.

Multidissiplinêre navorsing wat in dié tyd onder leiding van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) gedoen is, het gewys Suid-Afrika se temperatuur het die afgelope 60 jaar weens verhoogde koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer drasties gestyg. Dít het verreikende gevolge vir die land se inwoners.

“Ons is nie veerkragtig genoeg om by klimaatsverandering aan te pas nie,” het dr. Tanya Abrahamse, hoof van Sanbi, by ’n klimaatberaad in Midrand gesê.

Die departement van omgewingsake het die beraad gehou ter voorbereiding vir die 17de klimaatberaad van die Verenigde Nasies (COP17) wat einde vanjaar in Durban plaasvind.

Abrahamse het gesê Suid-Afrika is besonder kwesbaar vir klimaatsverandering en dat die afgelope tyd se storms en vloede simptomaties van dié verskynsel is.

Molewa het gesê die vloede en ook droogtes wat die land deesdae ervaar, bedreig mense se lewens, ontwrig boerderybedrywighede, beskadig infrastruktuur en eis menselewens.

“Hierdie soort natuurrampe kos die land bykans R1 miljard per jaar.”

Sy het voorspel sulke verskynsels gaan weens die veranderende klimaat vererger.

Volgens Abrahamse is Suid-Afrika se mense uitgelewer aan malaria en cholera, kommersiële bosbouplantasies aan ernstige brande en die land se grasvelde en die Kaapse fynbos aan droogtes en verskroeiende hitte.

Sy het uitgewys dat alle rolspelers in die klimaatsektor waarsku ’n styging van 2 °C in die temperatuur kan vernietigende gevolge vir lewe op aarde inhou.

Navorsers vanuit verskeie dissiplines in Suid-Afrika, waaronder die landbousektor, waterspesialiste, ekoloë, ekonome en biodiversiteitspesialiste, wat aan Sanbi se navorsing deelgeneem het, voorspel ’n styging van tussen 1 °C en 2 °C aan die Suid-Afrikaanse kus in die volgende 40 jaar. Vir die binneland is dié styging meer drasties – tussen 3 °C en 4 °C, het sy gesê.

Een van haar grootste bekommernisse is die feit dat selfs die departement van waterwese se eie voorspellings daarop dui dat Suid-Afrika in 2025 ’n ernstige tekort aan water gaan hê.

Molewa het gesê Suid-Afrika het ’n opdraande stryd en staan voor ’n geweldige uitdaging om ’n leierskaprol te speel wanneer duisende afgevaardigdes van 189 lande in Desember in Durban saamtrek om ’n klimaatraamwerk saam te stel wat regverdig teenoor alle partye sal wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Check hoe word een van daai radioskoop skottels op 'n taxi se dak vervoer...."Eish seh, this is the skottelskaar to make brekfis for my extended family". LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.