NY Times het meer Twitter-volgelinge as lesers
2010-10-25 20:30
‘n Slegte teken vir die New York Times se druksirkulasie is die nuus dat meer mense dié koerant op Twitter volg as wat in werklikheid die koerant koop, berig die sosiale media-webtuiste The Wall.
‘n Studie deur kenners van joernalistiek het die top-25 Amerikaanse koerante wat Twitter-volgelinge aanbetref, aangewys.
Die jongste statistieke, van 31 Maart 2010, dui daarop dat die New York Times ‘n druksirkulasie van 951 063 het.
Die koerant se Twitter-rekening is ‘n reuse-sukses, met meer as 2,6 miljoen volgelinge.
Lees verder by The Wall.