Myanmar: Massa-inenting teen polio

2011-02-22 20:54
Tweets Share Share line Print

Yangon – Myanmar beplan om ’n massa-inenting teen polio na ’n sewe-maande oue baba met die virus gediagnoseer is. Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds is hierdie die eerste saak in drie jaar.

Net een geval is genoeg om 'n "noodgeval reaksie" te aktiveer, het UNICEF gesê. Gesondheidsamptenare het 100,000 kinders in die Mandalay-streek in sentrale Myanmar vinnig ingeënt nadat die siekte vir die eerste keer in Desember vermoed is.

“Hierdie geval is baie jammer aangesien Myanmar amptelike polio-vrye status in Desember sou kry,” het Ramesh Shrestha, ’n UNICEF-verteenwoordiger in Myanmar, gesê.

Die VN agentskap het gesê die baba was gediagnoseer met ’n stam van die virus wat geneties gemuteerd is van die weergawe wat in die orale polio-entstof voorkom.

’n Ingeënte persoon dra die verswakte virus oor aan ander en in seldsame gevalle kan die virus in die entstof in ’n nuwe vorm muteer wat kan verlam, volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO).

Shrestha het gesê die oorsaak van die nuwe oordrag is onduidelik, maar sommige kinders het moontlik die roetine inentings gemis.

UNICEF het gesê 'n span van die WGO was alreeds in die land om ’n strategie saam te stel om die verspreiding van die virus stop te sit.

Inenting sal óf 3,4-miljoen kinders in spesifieke areas teiken, óf ’n nasionale program sal mik om sewe miljoen jeugdiges te bereik.

Myanmar se departement van gesondheid het ’n veldtog georganiseer na ’n soortgelyke geval in 2007, en het toe 6,7-miljoen kinders ingeënt.

Polio affekteer hoofsaaklik kinders onder vyf en word deur besmette voedsel en water oorgedra.

Volgens die WGO  lei een in 200 infeksies tot onomkeerbare verlamming, gewoonlik in die bene, terwyl vyf tot tien persent van diegene wat verlam is sterf wanneer hulle asemhalingspiere immobiliseer.

Wêreldwye-gevalle het meer as 99-persent gedaal vanaf ’n beraamde 350,000 in 1988 tot 1,604 wat in 2009 gerapporteer is.

Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: myanmar  |  virus  |  polio  |  entstof  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Check hoe word een van daai radioskoop skottels op 'n taxi se dak vervoer...."Eish seh, this is the skottelskaar to make brekfis for my extended family". LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.