Mutasie lei tot epilepsie en outisme, wys studie

2011-04-14 12:18
Tweets Share Share line Print

Kanadese navorsers het vasgestel dat ’n sekere geenmutasie ’n oorsaak van sowel epilepsie as outisme by mense is.

Dr. Patrick Cossette en sy span van die Universiteitshospitaal van die Universiteit van Montreal se navorsingsentrum het ’n ernstige mutasie (Q555X) ontdek in die SYN1, ’n geen wat betrokke is by die funksionering van die brein se sinapse.

Sinapse is waar die eindpunte van die brein se neurone elektriese of chemiese boodskappe oordra.

Die sentrum sê in ’n mediaverklaring tot ’n derde van mense met outisme ly ook aan epilepsie. Tot nou toe was die rede onbekend.

Die SYN1 speel ’n rol in die vorming van ’n membraan om neuro-oordraers in die brein.

Die navorsers het die Q555X-mutasie gekry in al die lede van ’n groot Frans-Kanadese familie wat aan epilepsie en outisme ly.

Hulle het ook na ’n tweede groep mense in Quebec gekyk en nog mutasies van die SYN1 (A51G, A550T en T567A) gekry by 1% van die mense met outisme en 3,5% van die mense met epilepsie. Talle draers van die mutasies het ook simptome van albei toestande.

Daar is baie verskillende soorte outisme- spektrum-versteurings (OSV), byvoorbeeld outisme, Asperger se sindroom en Rett se sindroom. Dié toestande raak die manier waarop die brein inligting verwerk. Die manier waarop selle funksioneer, soos hoe sinapse boodskappe oordra, word verander.

In Kanada kom OSV voor onder sowat 60 tot 70 uit elke 10 000 mense.

Volgens Outisme Suid-Afrika toon internasionale statistieke sowat een uit 158 kinders onder agt jaar word daardeur geraak.

Daar is ook talle verskillende soorte epilepsie-sindrome en dié toestand raak sowat 85 uit 10 000 Kanadese en volgens Epilepsie Suid-Afrika sowat een uit 100 Suid-Afrikaners.

Dit is volgens Cossette die eerste keer dat die rol van die SYN1-geen in albei toestande in ’n navorsingstudie bewys is. Die navorsers meen dit steun die hipotese dat ’n versteuring in die funksionering van sinapse as gevolg van die mutasie die oorsaak van albei toestande is.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: outisme  |  gesondheid  |  gene

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Check hoe word een van daai radioskoop skottels op 'n taxi se dak vervoer...."Eish seh, this is the skottelskaar to make brekfis for my extended family". LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.