Muskiet se neus suksesvol oorgeplant
2010-02-17 12:06
New York - Wetenskaplikes by die universiteite van Vanderbilt en Yale het die grootste deel van die neus van ’n muskiet, wat verantwoordelik is vir die oordraging van malaria, suksesvol in padda-eiers en vrugtevlieë oorgeplant.
“Ons het 80% van die neus van ‘n muskiet se reseptore binne padda-eiers en vrugtevlieë oorgeplant, ” het Laurence Zwiebel, professor van biologiese wetenskappe by die universiteit van Vanderbilt, gesê.
Die oorplanting ontwikkel na bewering ‘n buffer wat die verspreiding van malaria kan beveg.
Dié navorsing word in twee komplimenterende opstelle beskryf.
Die een werkstuk is vandeesweek in die aanlyn-uitgawe van die joernaal, Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer en die ander is op 3 Februarie in die joernaal, Nature gepubliseer.
Kliek hier vir die volledige berig.