Musieklegende kap Apple oor iTunes
2011-11-02 09:11
Londen – Pete Townshend het die elektronikareus Apple gekap en gesê sy musiekdiens iTunes is ‘n “vampier” wat musikante se werk vir eie gewin uitbuit.
In ‘n toespraak by die Radio Festival in Lancashire, Brittanje het die kitaarspeler van The Who gesê die internet “vernietig kopiereg” en skrywers en musikante moet vir hul werk betaal word as dit vir ander wins genereer.
“Om aanlyn musiek te ‘deel’ beteken sekerlik jy gee dit wat jy verdien, vervaardig of voor betaal het verniet weg,” het Townshend gesê.
Sy skerpste kritiek het hy teenoor Apple se aanlyn musiekwinkel iTunes uitgespreek.
“Is daar regtig ‘n goeie rede hoekom iTunes, net omdat dit in die Wilde Weste-wêreld van die internet bestaan, nie sekere aspekte van sy diens met musikante kan deel nie?” het hy gesê. “Veral omdat iTunes die musikante se werk soos ‘n vampier droog tap vir reuse-winste.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.