Motorbesoedeling veroorsaak breinskade
2011-04-08 18:00
Washington – Om ure lank uitlaatgasse en ander verkeerdampe in te asem kan muise breinskade gee wat lyk na geheueverlies en Alzheimersiekte.
Navorsers het die muise met lugbesoedeling afkomstig van die brand van fossielbrandstowwe vir 15 uur per dag vir 10 weke gebombardeer.
Die partikels was “klein genoeg om die filtrasiestelsels van motors te ontsnap,” maar het steeds groot skade aan die muise se breine aangerig, het die studie gesê.
Die navorsing is in die Environmental Health Perspectives-joernal gepubliseer, maar verdere ondersoek word benodig om te bevestig of dieselfde grusame lot vir die mens geld.
“Natuurlik vra mens dan die vraag, ‘Hoe kan ons stadsmense van hierdie gifstowwe beskerm?’” het hoofnavorser Caleb Finch van die Universiteit van Suid-Kalifornië gesê. “Daar is nog geen antwoord daarop nie.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP