Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Mobiele toestelle ál gewilder vir nuus

2012-12-11 08:47
Tweets Share Share line Print
Video - Apple stel iPad Mini bekend
Apple het 'n kleiner weergawe van sy gewilde tabletrekenaar, die iPad, bekendgestel. Kry hier al die besonderhede oor die iPad Mini. KYK
 

Washington – Amerikaners van alle ouderdomme gebruik toenemend mobiele toestelle vir nuus, het die uitslae van 'n nuwe studie getoon.

Dié gebruikers het boonop 'n groter aptyt vir media, en het nie net hul aandag van een medium na 'n ander geskuif nie.

Die studie, wat deur die Pew Research Center in samewerking met The Economist Group gedoen is, het getoon dat sowat 'n derde van Amerikaners met tabletrekenaars of slimfone dit op 'n daaglikse basis gebruik vir nuus.

Medianeigings in die VSA word dikwels in ander wêreldmarkte, insluitend Suid-Afrika, herhaal.

Die studie het getoon dat 33% van tabletrekenaar-eienaars in die ouderdomsgroep van 18-29 hulle toestelle daagliks vir nuus gebruik, met 38% van gebruikers in die ouderdomsgroep 30-49. Altesaam 43% van gebruikers in die ouderdomsgroep 50-64 gebruik dié toestelle daagliks vir nuus, en 32% van diegene oor 65 gebruik dit vir dié doel.

Die syfers lyk amper identies vir slimfoongebruikers.

Volgens die verslag stel jongmense oor die algemeen baie minder belang in nuus, en het nie veel tyd vir die drukmedia nie.

Mans bestee meer tyd aan nuusmedia as vroue: die studie het getoon 43% van manlike tabletrekenaareienaars gebruik hulle toestelle daagliks om op hoogte van nuus te bly, terwyl slegs 32% van vroue met tabletrekenaars dit doen.

Mans soek ook meer gereeld na nuus op hulle toestelle, en is meer geneig om langer stukke te lees en video's te kyk.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: tabletrekenaars  |  slimfone
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.