Minister hou van Twitter
2010-01-03 09:38
Tokio - Die eerste minister van Japan, Yukio Hatoyama, het sy eie blog begin en tweet glo daagliks in ‘n poging om sy gewildheid 'n hupstoot te gee.
“Gelukkige Nuwejaar almal,” het hy in sy eerste tweet geskryf en die feit beklemtoon dat hy dit self geskryf het.
“Ek gaan probeer om een tweet elke dag te skryf totdat ek gewoond is daaraan.”
Die Japannese weergawe van Twitter is in April verlede jaar gestig.
Hatoyama se blog se naam is Hato cafe en vertoon foto’s wat hy self geneem het. Hy het ook op sy blog geskryf dat hy jammer is oor al die foute wat hy in die verlede gemaak het.
Sapa-AFP /ml