Minister gepols oor skaliegas in Karoo

2011-04-21 07:37
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Suid-Afrikaners moet begin besef ontwikkeling en omgewingsbewaring is nié verlangse familie nie, het me. Edna Molewa, minister van omgewingsake en waterwese, Woensdag gesê.

Sy het in haar begrotingstoespraak oor omgewingsake gewaarsku dat “onvolhoubare ontwikkelingspraktyke” Suid-Afrika se ryk natuurlike hulpbronne finaal sal uitput en dat daar “niks vir die nageslag” oor sal wees nie.

Molewa moes gister opnuut bontstaan om die media en opposisiepartye se kommer te besweer oor Shell en ander maatskappye se aansoeke om na skaliegas in die Karoo met behulp van hidrouliese breking te soek.

Joernaliste het haar op ’n nuuskonferensie voor haar toespraak oor die kwessie gepols, terwyl Gareth Morgan, DA-LP, gedurende die debat gepleit het dat hidrouliese breking nié in Suid-Afrika toegelaat moet word nie omdat daar geen beleid daaroor bestaan nie.

Molewa was egter onwillig om by gesprekke oor skaliegas-eksplorasie betrokke te raak omdat sy as omgewingsminister later beslissings sal moet maak as appèlle oor sulke aansoeke ingedien word.

Opposisiepartye het gister deur die bank ’n beroep op Molewa gedoen om ’n leidende rol te speel om toe te sien dat lande wat vanjaar die Verenigde Nasies se klimaatsonderhandelings (Cop17) bywoon, wel uiteindelik ’n ooreenkoms bereik.

Suid-Afrika is gasheer vir Cop17, wat van 28 November tot 9 Desember in Durban plaasvind.

“Durban is ons laaste kans om ’n ooreenkoms reg te kry,” het Lance Greyling (OD) gesê. “Ons moet druk op die lande uitoefen wat nie met hul koolstof­dioksied-intensiewe bedrywighede wil ophou nie.”

Sandy Kalyan (DA) het gesê niks minder nie as ’n regsgeldige ooreenkoms is aanvaarbaar.

Kalyan het die parlement egter ook gekritiseer as ’n instelling met ’n “reuse-papierspoor”.

“Is dit nodig om elke dag ’n komiteeprogram van 17 bladsye te publiseer? Of ’n ordelys van 10 bladsye?

“En die gebottelde water met die parlement se etiket op? Wat is fout daarmee om water uit ’n glas te drink?”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Check hoe word een van daai radioskoop skottels op 'n taxi se dak vervoer...."Eish seh, this is the skottelskaar to make brekfis for my extended family". LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.