Minister: 'Sny koolfstofvrystellings met 34%'
2011-08-02 20:57
Johannesburg – Die departement van waterwese en omgewingsake het bekendgemaak Suid-Afrika sal mik om sy koolstofvrystellings teen 2020 met 34%verminder.
Die minister van waterwese en omgewingsake, Edna Molewa en die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, het die media in Pretoria toegespreek oor die komende konferensie oor klimaatsverandering in Durban.
Molewa het gesê die bekendstelling van hernieubare energiebronne, soos windkrag, vorder teen 'n bevredigende tempo.
Nkoana-Mashabane het intussen die versekering gegee dat Suid-Afrika op datum is met die voorbereidings vir die konferensie in November.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.