Minder mense ‘bid’ oor B’Berry

2012-01-29 07:29
Tweets Share Share line Print

Daar was ’n tyd, glad nie lank gelede nie, toe die naam BlackBerry sinoniem was met die beste en gevorderdste telefoontegnologie op aarde.

Hoewel dit reeds baie jare vóór die BlackBerry se koms moontlik was om boodskappe en e-pos op jou selfoon te lees, was die BlackBerry die eerste foon wat jou kantoor werklik “drabaar” gemaak het. ’n Kombinasie van ’n slim bedryfstelsel (die “brein” wat ’n selfoon laat werk), ’n redelik groot skerm en ’n vol­le­dige Qwerty-toetsbord het baie sakelui oortuig dat die toekoms uiteindelik aangebreek het.

Dit het die manier waarop ons ons selfone gebruik, radikaal verander. Sosioloë het begin praat van die BlackBerry Prayer – die gewoonte van mense om tydens ’n vervelige vergadering hul kop te laat sak en so ongemerk moontlik hul e-pos op hul selfoon te begin lees en sommer ook te beantwoord.

Maar deesdae lyk dit of die enigste mense wat nog oor hul BlackBerrys “bid” die maatskappy se aandeelhouers is.

Eens was dit een van Kanada se sterkste maatskappye met uitgereikte aandele van $70 miljard. Deesdae is RIM ’n “skamele” $8 miljard werd. Volgens sommige syfers het BlackBerry se aandeel in die Amerikaanse slimfoonmark gedaal van 44% in 2009 tot net 10% verlede jaar.

Daarteenoor het Apple die afgelope week aangekondig dat sy kwartaallikse wins meer as verdubbel het met ’n netto inkomste van $13,1 miljard (R104,2 miljard) vir die laaste drie maande van verlede jaar.

Die maatskappy het in dié tyd 37 miljoen iPhones verkoop ná die bekendstelling van sy nuwe model, die 4S, in Oktober, ’n week ná die dood van die maatskappy se grootbaas, Steve Jobs.

Boonop gaan Android, die bedryfstelsel wat deur Google ontwikkel is, ook van krag tot krag met veral die Koreaanse Samsung wat die iPhone die stryd aansê met die Galaxy SII, ’n modieuse tasskermtelefoon wat aansienlik minder as die Apple-produk kos.

Geen wonder nie dat RIM se twee topbestuurders, die stigter, Mike Lazaridis, en Jim Balsillie (wat vreemd genoeg albei die titel van uitvoerende hoof gehad het) verlede naweek onder druk van beleggers geswig en hul kantore ontruim het.

In hul plek is Thorsten Heins aangestel. Hy is al ’n paar jaar aan RIM verbonde en het voorheen ’n senior pos by Siemens beklee.

Lazarides, die man wat RIM meer as 20 jaar gelede begin het, sal hoof word van ’n nuwe “innovasie-komitee” in die maatskappy wat die markaandeel van Apple se ­iPhone en die nuwe generasie Android-fone gaan probeer terugwen.

Ná ’n miserabele 2011 het Heins, die nuwe uitvoerende hoof, baie om te doen.

Miljoene gebruikers se e-pos en boodskapdiens was byvoorbeeld dae lank opgeskort weens ’n rekenaarprobleem en die bekendstelling van die maatskappy se PlayBook, ’n tabletrekenaar soortgelyk aan die iPad, was ’n groot mislukking.

Die BlackBerry het oorspronklik naam gemaak as ’n foon vir sakelui.

Ondanks die BlackBerry se tradisionele beeld as ’n taamlike saai foon vir bankiers en ou ooms (soos in die grafika hierbo), verkoop die BlackBerry deesdae baie meer onder jongmense as in die sakegemeenskap.
BlackBerry se kitsboodskapdiens, wat gratis is tussen BlackBerry-gebruikers, maak die foon besonder gewild onder jongmense.

Dit is die gewildste slimfoon in Suid-Afrika met ’n reuse-markaandeel in ander opkomende markte soos Maleisië en Indonesië.

Voorspellings van BlackBerry se vroeë dood is dus waarskynlik voortydig.

Soos een tegno-liefhebber en BlackBerry-aanhanger dit die afgelope week gestel het: “Solank data-koste in Suid-Afrika buitensporig duur bly, sal ’n foon soos die BlackBerry wat gratis data bied, altyd gewild bly.”

Wie weet, miskien sal BlackBerry uiteindelik soos die folk-musikant Rodriguez wees: Met Suid-Afrika die enigste plek in die wêreld waar dié twee nog ’n lewendige aanhang het.

* Met bykomende verslaggewing deur Reuters.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: blackberry  |  apple  |  slimfone

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Check hoe word een van daai radioskoop skottels op 'n taxi se dak vervoer...."Eish seh, this is the skottelskaar to make brekfis for my extended family". LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.