Miljardêr dagvaar Facebook, Google, Apple
2010-08-28 05:50
San Francisco - Die miljardêr en mede-stigter van Microsoft Paul Allen dagvaar sowat 12 reuse- tegnologie maatskappye, insluitend Google Inc. en Apple Inc.
Allen beweer dié maatskappye het inbraak gemaak op vier webtegnologie-patente wat sy maatskappy, Interval Licensing LLC, besit.
Interval het Vrydag gesê die eis is teen 11 maatskappye ingedien. Ander maatskappye wat betrek word, is Facebook, eBay Inc, en Yahoo Inc.
Interval besit patente van Interval Research, 'n navorsings- en ontwikkelingsmaatskappy wat Allen en David Liddle in die negentigerjare gestig het.
Interval het gesê die patente waarop hulle glo inbraak gemaak word, is 'n belangrike aspek van hoe e-handel en soektogmaatskappye werk.
- AP