Microsoft koop Skype oor
2011-05-10 22:44
Kaapstad – Microsoft het die internetfirma Skype vir
R55 miljard gekoop, berig Sky News.
Dit behoort Microsoft in staat te stel om
hul kompetisie in die internet-mark, Google en Apple, die hoof te bied.
“Skype is ‘n ongelooflike diens wat gewild is
onder miljoene mense oor die wêreld heenl,” het Steve Ballmer, uitvoerende hoof van
Microsoft, gesê.
“Saam beoog ons om die toekoms van regstreekse
kommunikasie te skep sodat mense maklik met hul familie, vriende en kollegas in
kontak kan wees.”
Skype se hoof uitvoerende beampte, Tony Bates,
sal as die president van Microsoft Skype optree.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.